Commercial Organic Plant Nutrition, Organic Plant Nutrition, Organic Fertilizer, Soil Fertility, Crop Health, Fertilizers, Soil Conditioners, Pest Control, Disease Control, Solid Fertilizers, Liquid Fertilizers, South Africa

Afrikaanse Inligting

Vervaardigers en verspreiders van organiese bemestingstowwe vir organies, herlewings en biologiese boerderye

Talborne Organies se bemestingstowwe is vir Suid-Afrikaanse toestande deur wetenskaplikes geformuleer. Die bemestingstowwe word saamgestel vanuit natuurlike bronne soos plante en diere materiale asook minerale en gesteentes.

Talborne Organies se bemestingstowwe voldoen aan beide EU & NOP organiese regulasies en die insette is goedgekeur vir organiese verbouing deur Control Union (Nederland).  Hierdie hoë gehalte produkte kan dus met vertroue gebruik word vir organies gesertifiseerde produksie vir die uitvoer en plaaslike mark, sowel as insette vir die moderne boerdery praktyke waar die grond se vrugbaarheid as die basis van ‘n gesonde produksie siklus begin, dus herlewings, biologiese en Global GAP boerdery praktyke.

Die doelstelling van Talborne Organies se bemestingstowwe is om verhoogde oes opbrengste en verbeterde gewas kwaliteite vir die produsent wat volhoubare landbou produksie nastreef, te verseker.

Voordele van Talborne organiese bemestingstowwe:

Nou beskikbaar in VITA of ECO korrel bemestingstof, of NOURISH vloeibare bemestings geskik vir toediening as blaar bemestings of deur die dripper of besproeiingstelsel. 

  • Lewer volledige makro- (N,P,K) en mikro voedingstowwe vir gebalanseerde plantvoeding 
  • Aanvullend tot die natuurlike plantvoedingstowwe in die grond
  • Verhoog oes-opbrengs en verbeter kwaliteit van gewasse
  • Verbeter produk gehalte – brix, smaak, geur, voedingswaarde en raklewe
  • Stimuleer wortelgroei en verhoog dus die plant se voedings- en vog opname, dit verminder dus die plant stres.
  • Verlig plant stres tydens koue, hitte, droogte en baie nat toestande.
  • Gesonde plantevoeding bou die plant se weerstand teen siektes en peste, dus besparing op spuitmiddels.
  • Stimuleer voordelige grond lewe, mikrobe-werking en aërobiese prosesse dus bevorder dit die afbreek van organiese stowwe in die grond.
  • Maak die grond meer vrugbaar deur die voordelige mikrobiese populasies te stimuleer.
  • Voedingstowwe word volhoubaar en oor langer periodes vrygestel
  • Verlies van VITA voedingstowwe is beperk omdat dit nie uitloog of verdamp nie, dus kry die volle waarde van jou belegging in die bemesting.
  • Plantwortels en blare word nie gebrand of negatief beïnvloed met korrekte toedienings metodes nie.
  • pH-balans bly konstant in die grond, dus nie-versurend nie.
  • Stimuleer hernude groei by ou plante
  • Geen opbou van soute en nadelige wanbalanse in die produksie gronde as gevolg van langdurige gebruik nie. Die grond se vrugbaarheid word dus met korrekte toediening verhoog.

3 Produk reekse is nou beskikbaar om aan al jou produksiebehoeftes te voorsien, die VITA en ECO vaste stowwe in korrel of meel vorm, en die NOURISH vloeibare bemestings.

VITA is die eerste Suid Afrika reeks organiese bemestingstowwe met hoë voedingswaarde wat volledige makro (N, P en K), sekondêre en mikro nutriënte bevat.

VITA is beproef om verhoogde oes opbrengs en kwaliteit te lewer onder intensiewe produksie stelsels. Die voedingstowwe in VITA word geleidelik oor ‘n tydperk van ongeveer vier tot ses maande vrygestel (volgehoue vrystelling).

  • VITA Grow 2:3:2 (16) (Reg. Nr. K5127) 
  • VITA Fruit and Flower 3:1:5 (18) (Reg. Nr. K5125)
  • VITA Green 5:1:5 (16) (Reg. Nr. K5126)
  • VITA Veg 6:3:4 (16) (Reg. Nr. K6936)
  • VITA Nitro-boost 8:1:1 (10) (Reg. Nr. K8617)
  • VITA Bone Phosphate 4:10:0 (14) (Reg. Nr. K3513)
  • VITA Rock-Phos 0:13:0 + Ca 33% (Reg. Nr. K11314)

Eco-nomiese en Eco-logiese bemestingstof geformuleerde mengsel verryk met organiese plantvoedingstowwe. Gebruik vir ekstensiewe produksie gronde waar tekort aan voedingstowwe en koolstof bestaan. Stimuleer mikrobiese aktiwiteit, verbeter grondstruktuur, verhoed kluit vorming en verhoog die vermoë van grond om vog te stoor.

• ECO-Green 6:2:5 (13) (Reg. Nr. B3370)

Die vloeibare organiese bemesting NOURISH is 100% “van Plante vir Plante” en gemaak vanuit suikerbeet en aartappel as grondstof. Die NOURISH produkreeks, lewer dus hoë kwaliteit bemestingstowwe en is ‘n ryk bron van aminosuur Stikstof (N), Kalium (K) en bevat ‘n laer Fosfaat (P) inhoud, met sekondêre en mikro voedingstowwe en bevat ook koolstof (C), koolhidraat en suikers.

Die Stikstof is in die vorm van aminosure, en is dus vinnig opgeneem deur die blare, stingels en wortels van die plante of bome, maar dit is ook stabiel en stel geleidelik vry sonder brand of skroei, oor ‘n periode van 14 dae. Verlies aan voedingstowwe deur uitloog is beperk en dit verseker verhoogde beskikbaarheid en opname van plant voedingstowwe.   

Gebruik NOURISH vir aanvulling vir optimale opbrengste en gedurende stres toestande as gevolg van te warm of koue klimaat toestande, tekortes van voedingstowwe. Die hoe inhoud van suikers en koolstof en aminosure in NOURISH is goeie kos en energy bronne vir mikrobe en stimuleer ‘n gesonde grond lewe. Die sout vlakke is minimaal dus is daar nie opbou van soute in die grond of water bronne nie. Die NOURISH is van natuurlike oorsprong en bevat geen residue of preserveermiddels nie.

  • NOURISH 7:1:2(10) Leafy Greens               (Reg. Nr B5832)
  • NOURISH 4:1:6(11) Buds, Flowers & Fruit  (Reg. Nr K10951)
  • NOURISH 5:1:4(10) Multi-Plant                   (Reg. Nr. B5831)

SoilCare is 100% organiese erdwurm werpsels (erdwurm mis) van natuurlike oorsprong.  SoilCare is ‘n suiwer en gekonsentreerde bron, en dus is dit nie kompos verryk met erdwurm mis nie, soos baie ander soortgelyke erdwurm produkte wat teen goedkoper pryse bemark word.  Gebruik SoilCare om grond en groei mediums te verryk en vrugbaarheid te bevorder deur mikrobiese lewe en humus beskikbaar te stel vir plant gesondheid en groeikrag van saailinge, plante en bome. Dit bou die weerstand teen insekte en siektes wat skade en verlies in die boerdery beperk. Saailinge se fyn worteltjies word veral beskerm teen swam siektes.

Erdwurms is bekend vir die belangrike rol wat hulle toevoeg aan die bou van vrugbare produksie gronde, SoilCare verbeter die stoor van vog en nutriënte in die grond of groei medium.  Talborne SoilCare erdwurm werpsels is gemaak deur miswurms wat met ‘n ryk en gesonde bron van melkkoei mis wat op graslande wei en kuilvoer wat op die suiwelplaas gegroei word. 

Vrystelling meganisme van Organiese bemestingstowwe

  • Grond lewe soos voordelige swamme, aërobiese en stikstofbindende bakterieë en pseudomonas stel voedingstowwe in ‘n opneembare vorm aan die plant beskikbaar.
  • Organiese bemestingstowwe word op soortgelyke wyse geleidelik en oor ‘n langer periode beskikbaar gestel.
  • Verskaf natuurlike makro- en mikro-elemente aan die plant wat lei tot verbeterde groei van plante, kwaliteit van vrugte en ‘n gesonde plantwortel omgewing.

Toediening van Organiese bemestingstowwe

Aanbevelings vir kommersiële produksie behoort altyd deur ‘n gekwalifiseerde deskundige voorgeskryf te word. Kontak ons gerus om u hiermee tot diens te wees.

Standaard grondontledings (AGRILASA LABS) tesame met Koolstof (C) en die spesifieke gewas se voedings vereistes is noodsaaklik om ‘n gepaste program voor te skryf.

  • Plant voeding word voor sekere kritieke stadiums in ‘n plant se groeisiklus (soos plant vestiging, bot, blom en vrugvorming) toegedien om plant stres te voorkom 
  • Die ontstaan en uitwerking van probleme word aansienlik verminder met die gebruik van Talborne Organies se bemestingstowwe. 
  • Daar is 3 verskillende reeks produkte om van te kies, dus kan die gepaste mengsel makro- en mikro-plantvoedingstowwe beskikbaar gestel word vir die plant of gewas se behoeftes
  • Aangesien organiese voedingstowwe op verskillende wyse afbreek en oor ‘n langer periode as sintetiese kunsmis vrygestel word, loog dit nie maklik nie en daar is geen verlies deur verdamping nie. Dit is veral voordelig in baie nat of droë klimaat toestande, en dit sal ook nie veroorsaak in die skroei van blare en stingels nie.
  • Strooi VITA, ECO en SoilCare oor plant area voor of met plant en werk liggies in die grond in.
  • Moet verkieslik in die grond ingewerk word tydens aanplantings en kopbemesting.
  • Dit kan per boom oor die drup sone versprei word
  • Met vestiging van nuwe lande of boorde kan Talborne Organies se bemestingstowwe direk in die grond, of met die grond en kompos mengsel vir plantgate gemeng word
  • Die bemestingstowwe kan met kompos gemeng word om die kompos se voedingswaarde te verhoog en die kompostering proses te versnel
  • Vir tonnel boerdery word Talborne Organies se bemestingstowwe in die grond of groei medium gemeng om ‘n voedingsryke wortel omgewing te help skep vir beter groei, opbrengs en kwaliteit 
  • Omdat Talborne Organies se korrel of vaste bemestingstowwe nie wateroplosbaar is nie kan dit nie in hidroponiese stelsels of deur drupper stelsels toegedien word nie.
  • Die NOURISH vloeibare organiese bemestings is ideale produkte vir blaarvoeding of deur die dripper of waterstelsel toe gedien.

Belangrikheid van bemestingstowwe

Net 18 plantvoedingstowwe en elemente was in die outydse boerdery as noodsaaklik beskou vir plantegroei en gesonde produksie van plant en boom gewasse. Koolstof (C), en suurstof (O2) is vanuit die atmosfeer (lug) en waterstof (H) word van water opgeneem en aan die plant voorsien, terwyl die balans uit die grond verkry moet word. Dit is nou wel bekend dat alle voedingstowwe, insluitend mikro’s, bydra en ‘n belangrike rol speel, en dus ‘n tekort aan een of meer van die noodsaaklike plantvoedingstowwe kan tot swak groei en ontwikkeling van die plant of boom gewas lei, daardeur is die vatbaarheid van siektes verhoog.

Om hierdie tekorte aan te vul word Talborne Organies se bemestingstowwe toegedien sonder dat die grond lewe versteur of vernietig word.

Stikstof (N)

  • Bevorder vinnige groei en gehalte van blaar, vrug en saad
  • Voldoende stikstof vir die plant se behoeftes verseker ‘n diep groen kleur van die blaar
  • Vorm deel van alle lewende selle en is belangrik vir sintese en groeikrag van die plant
  • Komponent van chlorofil, wat verseker dat die plant sy eie kos kan vervaardig
  • Baie belangrik vir proteïen inhoud van gewas, veral neute en graansade
  • Noodsaaklik vir aminosuur produksie wat die boustene is van proteïen

Fosfaat (P)

  • Noodsaaklik vir nuwe aanplantings vir sterk wortelgroei en plant ontwikkeling
  • Bevorder groei kragtigheid van die plant deur die omskakeling van sonkrag na plant energie wat vinnige groei aanspoor 
  • Versterk die plant teen stres
  • Verbeter grote en opbrengs van loof, blom, vrug en saadproduksie.
  • Noodsaaklik vir fotosintese
  • Vorming van olies, suiker en stysel

Kalium (K)

  • Noodsaaklik vir blom- en vrugvorming
  • Verantwoordelik vir sel formasie, proteïen produksie en wortelontwikkeling
  • Algemene kragtigheid en goeie gesondheid van die plant
  • Bevorder die produksie van suiker en stysel
  • Gee beter vrug smaak, -kleur en -grote
  • Verhoog die plant se meganisme teen hitte-, koue-en droogte stres
  • Belangrik by die produksie van plantvoedsel (fotosintese)
  • Help om die plantweefsel te versterk

Kalsium (Ca)

  • Belangrik vir plantegroei en sterker plantweefsel wat beskerming teen peste en plantsiektes bied
  • Bevorder vroeë wortelontwikkeling en groei van saailinge
  • Help dat ander voedingstowwe opgeneem word
  • Veroorsaak dat grond se chemie in balans bly (pH) en belangrik vir goeie grondstruktuur wat voordelig is vir plant gesondheid en goeie produksie

Magnesium (Mg)

  • Noodsaaklik vir die vorming van chlorofil en die groepering van suiker
  • Vervoer van fosfor (P) en stysel deur die plant. Bevorder die groepering van olie en vette
  • Nodig vir gesonde groei
  • Bevorder plant ensiem aktiwiteite
  • Belangrik vir grond chemie om sanderige gronde te bind vir die opbou van plantvoedingstowwe en water reserwes in die grond vir plant gesondheid en verhoogde produksie

Swael (S)

  • Verhoog wortelontwikkeling
  • Bevorder donkergroen kleur van plant
  • Stimuleer saadproduksie
  • Noodsaaklik vir proteïen produksie
  • Vorm die smaak en reuk van baie vrugte en groente
  • Vervaardiging van vitamiene en ensieme en die werking daarvan in die plant

Mangaan (Mn)

  • Aktiveer baie metaboliese reaksies
  • Verhoog die absorpsie van Ca, Mg en P
  • Versnel saad ontkieming en plant-volwassenheid

Chloor (Cl)

  • Betrokke by fotosintese en chlorofil produksie
  • Stimuleer ensiem aktiwiteite
  • Kontroleer waterverlies en vogstres

Natrium (Na)

  • Water regulerende funksie
  • Bevorder fotosintese

Koper (Cu)

  • Nodig vir chlorofil produksie
  • Tree as katalisator op vir verskeie plant reaksies

Yster (Fe)

  • Suurstofdraer.
  • Versnel chlorofil produksie
  • Metabolisering van RNA
  • Dra by tot die diepgroen kleur van blare

Sink (Zn)

  • Belangrik vir Aminosuur- stysel en chlorofil produksie
  • Bevorder vrugbaarheid dus verhoogde produksie
  • Verbeter die werking van die plant se immuniteit stelsel en dus weerstand teen plantsiektes
  • Versnel die plant se groei kragtigheid
  • Reguleer suiker gebruik in die plant

Kobalt (Co)

  • Belangrik in die knopperige wortelstelsels (peul gewasse) waar stikstofbindende bakterieë werk
  • Stimuleer groei, transpirasie en fotosintese

Boor (B)

  • Bevorder vroeër wortelgroei en -ontwikkeling
  • Belangrik in die opneem en gebruik van stikstof in die plantselle 
  • Verhoog die plant se groei kragtigheid
  • Verhoog opbrengs en verbeter kwaliteit van vrugte en groente
  • Belangrik om harde stingels in gewasse soos wortels en aspersies te voorkom

Molibdeen (Mo)

  • Versnel plante se opname van stikstof.
  • Belangrik vir gesonde blaarvorming veral by brassica groente

Nog baie ander spoorelemente soos silika, jodium, ens. is ook goeie byvoegings vir die plante se gesonde groei en verhoog produksie en oesopbrengs.

Commercial Organic Plant Nutrition, Organic Plant Nutrition, Organic Fertilizer, Soil Fertility, Crop Health, Fertilizers, Soil Conditioners, Pest Control, Disease Control, Solid Fertilizers, Liquid Fertilizers, South Africa

Copyright 2022 by Talborne Organics (Pty) Ltd.
Terms & Conditions / Privacy Policy / Sitemap

Subscribe for more

Want to be updated on Talborne products, Information & promotions add your email to sign-up

Contact

Copyright 2022 by Talborne Organics (Pty) Ltd.
Terms & Conditions / Privacy Policy / Sitemap

Commercial Organic Plant Nutrition, Organic Plant Nutrition, Organic Fertilizer, Soil Fertility, Crop Health, Fertilizers, Soil Conditioners, Pest Control, Disease Control, Solid Fertilizers, Liquid Fertilizers, South Africa